KALLIGRAFIE kom van die Griekse woord "Kallos" wat mooi en "graphein" wat skryf, beteken.
Die Kalligrafiekursus strek oor twee jaar, vanaf begin 2019 tot die einde van 2020.
Die kursus is alreeds in volle swang en ongelukkig kan daar geen nuwe studente meer ingeneem word nie.....
Studente wat alreeds die kursus gedoen het en sommige van die
handskrifte/werksklasse weer wil doen,
is welkom om daarvoor in te skryf.
Dieselfde Kalligrafieklas word elke week vier keer aangebied, naamlik op:
Dinsdagoggende, Dinsdagaande
Woensdagoggende en Woensdagaande
In totaal word 9 handskrifte aangeleer, nl:
Roman Capitals, Neuland Hand,
Foundational, Uncial, Goties,
Compressed, Italic,
Rhythm & Grace en Copperplate
Om mooi te
kan skryf
verg oefening
en oefening
baat kuns!